
Wie kan nou ’n soet Weet-Bix-blokkie weerstaan?
ongeveer 20 blokkies
Bestanddele
125 g (¼ blok) botter
250 ml (1 k) ligte bruinsuiker
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
1 ekstragroot eier
250 ml (1 k) bruismeel
knypie sout
4 stafies Weet-Bix, grofgebreek
125 ml (½ k) klapper
150 g bruin melksjokolade, grofgekap
60 ml (4 e) pekanneute, grofgekap
Versiersuiker
375 ml (1½ k) versiersuiker
30 ml (2 e) kakao
50 ml (3 e + 1 t) kookwater
125 ml (½ k) pekanneute, grofgekap
LEES OOK: Sjokolade-en-grondboontjie-blokkies
Stel oond op 180 °C.
Metode
- Smelt botter in kastrol. Verwyder van hitte.
 - Roer bruinsuiker en vanieljegeursel by.
 - Klits eier en voeg by bottermengsel.
 - Sif bruismeel en sout saam. Voeg Weet-Bix, klapper, sjokolade en pekanneute by. Roer goed deur.
 - Roer meelmengsel by gesmelte botter.
 - Voer vierkantige oondpan van 20 cm x 20 cm met bakpapier uit, asook langs twee van die sykante. Dit help om blokkies makliker uit te haal. Spuit goed met kossproei of smeer goed met botter.
 - Druk mengsel so gelyk moontlik met agterkant van lepel in oondpan vas.
 - Bak vir 18 minute of tot gaar in middel en toetspen skoon uitkom.
 - Versiersuiker Meng versiersuiker en kakao in bak. Roer kookwater by, maar nie alles op een slag nie. Voeg net genoeg water by om dik, maar loperige versiersuiker te maak.
 - Smeer versiersuiker bo-oor gebak. Sprinkel pekanneute bo-oor.
 - Laat versiersuiker stol en sny met skerppuntmes in blokke.
 - Berg in lugdigte houer.
 






