Hoekom gereelde oogtoetse noodsaaklik is

 

Blindheid is ’n werklikheid, maar met die regte behandeling en voorsorg kan dit in 80% van gevalle  voorkom word.

Wêreldsigdag (12 Oktober 2017) en Oogsorgbewustheidsmaand (23 September – 20 Oktober 2017) is twee belangrike jaarlikse inisiatiewe wat ingestel is om bewustheid oor visieprobleme en die gevare van swak oogsorg te skep. Dit is uiters belangrik om na jou oë te  kyk en Mellins i-Style (www.mellins.co.za), een van die leiers in oogkunde in Suid-Afrika, gee die volgende wenke vir goeie oogsorg en visie:

 Maak nie saak hoe oud of gesond jy is nie, gereelde oogtoetse is belangrik. Tydens ‘n oogondersoek word nie net die gehalte van jou bestaande visie ondersoek en gekyk of jy ‘n bril of kontaklense nodig het nie, daar word ook na jou oë se algehele gesondheid gekyk soos beserings en vroeë oogkwale wat gloukoom, katarakte en makulêre degenerasie kan insluit. Baie van hierdie probleme kan steeds behandel word as hulle vroeg genoeg gediagnoseer word.

Optometriste is dikwels ook die eerste gesondheidspraktisyns om chroniese siektes en toestande soos diabetes en hoë bloeddruk te identifiseer.  Jou oë word ook ondersoek om te sien of hulle as ‘n ‘span’ saamwerk.

Oogondersoeke is belangrik vir alle ouderdomme

Oogondorsoeke speel ‘n belangrike rol in die instandhouding van algemene gesondheid. Volwassenes moet gereeld hul oë laat toets om te verseker dat hulle voorskrifte nog korrek is en om vroeë tekens van oogsiektes te identifiseer .

Oogondersoeke vir kinders is ook belangrik om normale ontwikkeling van visie na te gaan en te verseker akademiese prestasie word nie belemmer nie.  Visie hou direk verband met die leerproses en kinders met onopgeloste visuele probleme het dikwels probleme met hulle skoolwerk. Kinders sal dalk ook nie oor hul visie kla nie, want hulle weet nie wat ‘normale’ visie is nie. As ‘n kind met skoolwerk sukkel kan ‘n oogondersoek bepaal of swak visie dalk die oorsaak is.

Hoe gereeld moet ek my oë laat ondersoek?

Optometriste beveel oogondersoeke gewoonlik elke twee jaar aan. In sommige gevalle word mense aangeraai om meer gereeld hulle oë te laat ondersoek, veral onder die volgende omstandighede:

  • ‘n kind wat bril dra;
  • diabete;
  • ‘n persoon ouer as 40 is met ‘n familiegeskiedenis van gloukoom;
  • ‘n persoon ouer as 70.

Waarna sal ’n optometris kyk?

 Jou visie getoets om vas te stel of jy ‘n bril of kontaklense nodig het. Terselfdertyd ondersoek die optometris of jy oogverwante siektes en ander probleme het wat kan lei tot swak visie of blindheid.

Die volgende word ook ondersoek:

  • Refraktiewe afwykings – Dit is of jy ver- of bysiende is of astigmatisme het. Refraktiewe afwykings kan met ‘n bril, kontaklense of met ‘n refraktiewe operasie reggestel word.
  • Ambliopie – Dit vind plaas wanneer jou oë effens gedraai is of as die een oog se voorskrif grootliks van die ander oog s’n verskil. Die brein “skakel die beeld af” wat deur die gedraaide of wasige oog veroorsaak word. As ambliopie nie behandel word nie, kan dit die visuele ontwikkeling van die aangetaste oog belemmer wat tot ‘n permanente gebrek aan sig kan lei. Die toestand kan behandel word deur onder andere die sterker oog vir lang periodes met ‘n oogklap toe te hou.
  • Strabismus – Strabismus verwys na ‘gekruisde’ of ‘gedraaide’ oë. Jou optometris sal kyk hoe jou oë gerig is en toets of hulle ‘saamwerk’. Mense met strabismus sukkel met diepte persepsie wat verder na ambliopie kan lei.
  • Probleme met ‘spanwerk’ – Al mag dit lyk asof jou oë eweredig kyk, is daar steeds die moontlikheid dat hulle nie as ‘n ‘span’ saamwerk nie. Hierdie tipe binokulêre visieprobleme kan hoofpyne, oogspanning en ander probleme veroorsaak wat lees en ander bysiende take kan affekteer.
  • Fokusprobleme – Hierdie probleme wissel van onvoldoende ontwikkeling van fokusvaardighede in kinders tot normale ouderdomverwante verswakking van sig en fokus (presbiopie) in ouer volwassenes.
  • Oogsiektes – Baie oogsiektes soos gloukoom en diabetiese retinopatie, toon geen simptome in hulle vroeë stadiums nie.  Jou optometris sal jou oë ondersoek vir moontlike tekens van vroeë probleme. In die meeste gevalle, indien oogsiektes vroeg genoeg geïdentifiseer en behandel word, kan dit jou kanse verminder vir permanente blindheid.
  • Ander siektes – ‘n Optometris kan vroeë tekens van oogverwante siektes identifiseer deur na jou oë se bloedvate, retina, ensovoorts te kyk. Hy/sy kan dus vasstel of jy besig is om hoë bloeddruk, hoë cholesterol en ander gesondheidsprobleme te ontwikkel. Diabetes kan byvoorbeeld die oorsaak wees van klein bloedings in die oë asook swelling van die makula wat tot verlies van sig kan lei. Hierdie toestande kan tydens ‘n volledige oogondersoek identifiseer word.

Besoek www.mellins.co.za vir meer inligting en oogsorgwenke

Meer oor Mellins i-Style: Mellins i-Style is ‘n nasionale oogkundige groep wat daarna streef om die leiers in die industrie te wees deur te sorg dat pasiënte vooraanstaande oogondersoeke, insiggewende voor-en nasorgdienste en opties gevorderde Zeiss produkte ontvang wat hulle kan vertrou. Mellins i-Style gebruik toerusting van Zeiss, die wêreld se bekendste en gevorderste vervaardigers in oogkunde.  Hierdie toerusting stel hulle in staat om aan pasiënte doelspesifieke akkuraatheid in oogtegnologie te bied met Zeiss i.Scription lense, waarskynlik die beste individualiseerde lense ter wêreld asook die nuwe Zeiss DriveSafe lense wat spesifiek ontwerp is om motorbestuurders se sig en gemak op die pad te verbeter. Daar is ongeveer 60 Mellins i-Style takke landwyd wat hulle een van die mees vooraanstaande oogkundige groepe in Suid-Afrika maak.

Send this to a friend