Droë oë | Vrouekeur

Droë oë

Voel jou oë soms jeukerig, branderig of dat daar iets in jou oog is? Hier is meer inligting oor droë oë en wenke vir jou

Die kanse is dan goed dat jy droë oë het wat die oorsaak van verskeie faktore is, insluitende gesondheidskomplikasies, ouderdom, te lang ure voor digitale skerms en veral lugbesoedeling en droë weerstoestande. Dit kan pynlik en ongemaklik wees. Mellins i-Style, (www.mellins.co.za), ‘n vooraanstaande groep optometriste het die volgende advies en wenke.

Wat is ‘droë oë’?

‘Droë oë’ is gewoonlik ‘n chroniese oogtoestand as die liggaam onvoldoende trane of vog produseer om die oë gevoed te hou. Trane voorsien die oë van suurstof en is nodig om die oë te reinig en die risiko vir ooginfeksies te verminder.  Baie mense verwar ‘droë oë’ met ‘n ooginfeksie of allergie.

 Wat is die simptome van droë oë?

  • Rooi oë is dikwels die gevolg van chroniese droogheid maar kan ook ‘n simptoom van oogallergieë of konjunktivitis wees
  • Jeukerige of krapperige oë
  • ‘n Brandende sensasie in die oë
  • LEES OOK: Gebruik jy die regte oogdruppels?
  • ‘n Gevoel dat daar iets in die oog is
  • Tranerige oë, hoewel droë oë sal terugkeer na lang periodes van waterigheid
  • Visie wat dof is

Wat veroorsaak droë oë?

  • As jy kontaklense vir langer periodes dra as wat jou optometris voorgeskryf het
  • As jy jou oë te min knip (bv. as jy te lank na digitale en rekenaarskerms kyk)
  • Gifstowwe in die lug
  • Allergene in die lug, insluitende rook
  • Droë weerstoestande en ook lugverkoelingstelsels
  • Blootstelling aan helder sonlig, wind en stof
  • Sekere voorskrifmedisyne en selfs oor-die-toonbank anti-histamienes
  • Hormonale veranderinge in vroue as gevolg van swangerskap, menopouse of sekere mondelinge voorbehoedmiddels kan lei tot ‘n afname in die produsering van traanvloeistof.
  • Ouderdom – sommige mense ouer as 65 jaar ervaar ‘n sekere graad van droë oë as deel van die natuurlike verouderingsproses. Die traankliere funksioneer ook nie meer so goed hoe ouer mens word nie.
  • ‘n Dieet wat nie noodsaaklike vetsure insluit nie kan traanproduksie beïnvloed.
  • LEES OOK: Is jy ‘n brildraer? Grimeer só!
  • Gesondheidskomplikasies soos diabetes en skildklierprobleme
  • Ander oogtoestande soos sekere infeksies op die oogoppervlak.

Probeer hierdie wenke vir droë oë:

  1. Maak ‘n afspraak met jou optometris – Jou optometris sal bepaal of jy ‘n droë oë toestand het en of daar nie ‘n ander probleem met jou oë is nie.
  2. Knip jou oë meer of gebruik oogdruppels – As jy lang ure voor ‘n rekenaar- of digitale skerm werk sal jy geneig wees om jou oë minder te knip. Om jou oë gereeld te knip hou jou oë vogtig en verminder droogheid en irritasie. As jou oë droër word en oëknip nie verligting gee nie, veral as jy kontaklense dra, sal oogdruppels help wat deur jou optometris of mediese dokter voorgeskryf word.
  3. Onthou die 20/20/20 reël – neem elke 20 minute ‘n 20 sekonde breuk van jou digitale skerm deur op ‘n voorwerp 20 meter ver te fokus.
  4. Verminder jou digitale skerms se helderheid.
  5. Kies sonbrille met UV-beskerming as jy in die buitelug is. Lense en rame wat om jou gesig vou sal die oë ook teen wind en stofdeeltjies beskerm.
  6. Sluit Omega-3 by jou dieet in met voedselsoorte wat ryk is aan noodsaaklike vetsure soos vis, avokado en vlassaad. Hierdie voedingstof help om droë te verminder en die senustelsel te onderhou.

Volgens Meriek van den Berg, ‘n optometris van Mellins i-Style, kan oogprobleme wat nie dadelik behandel word nie, ook lei tot droë oë. ‘n Oogondersoek word dus aanbeveel as die toestand aanhou of vererger. “Indien die toestand in ‘n gevorderde stadium is, kan dit skade aan die voorste oppervlak van die oog veroorsaak en visie benadeel”, sê Meriek.

Besoek www.mellins.co.za vir meer advies en wenke oor ooggesondheid.

Send this to a friend