Kuns: Tate Britain wat die werk van Frank Auerbach aanbied

In Vrouekeur van 1 Januarie skryf Johan Myburg oor die uitstalling wat Tate Britain in Londen tans van die werk van Frank Auerbach aanbied

JOHAN MYBURG

Die inligting hier onder is ter aanvulling van die rubriek in Vrouekeur.

Frank Auerbach se Mornington Crescent, 1965, in olie op doek (1016 x 1270 mm). Dié skildery is deel van ’n private versameling. © Frank Auerbach, met vergunning van Marlborough Fine Art

Frank Auerbach

[iframe width=”350″ height=”263″ src=”https://www.youtube.com/embed/bFrJeaqnj14″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]

Oor opmerkings dat sy werk misterieus is het Auerbach gesê: “Skilder is misterieus en ek wil dit nie van misterie stroop nie.”

Die aanbod om op kamera oor sy werk te praat en dit te verduidelik het hy van die hand gewys en in die kort video Frank Auerbach To the Studio (die eerste deel), gemaak in 1991, is hy aan die woord oor sy “misterieuse kuns” en pogings om dit te “demistifiseer”.

[iframe frameborder=”0″ width=”350″ height=”197″ src=”//www.dailymotion.com/embed/video/x2p0r36″ allowfullscreen=””]

Frank Auerbach: Introduction to the exhibition by StevanCap

Dié video fokus op die uitstalling Frank Auerbach: London Building Sites 1952-1962 in Londen se Courtauld-galery in 2009/10.

[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/Ciz0_jLvRKc” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]

In dié kort video, spesifiek met die Tate se oorsiguitstalling in gedagte, praat die Britse fotograaf Mary McCartney oor Frank Auerbach se werk.

Send this to a friend