Klassieke musiek: Die laat-periode van Ludwig van Beethoven

JOHAN MYBURG

In sy sogenaamde laat-periode, van 1815 tot en met sy dood in 1827, het Ludwig van Beethoven werk gelewer soos die laaste vyf klaviersonates, die Simfonie no. 9, die Missa solemnis, die laaste ses strykkwartette en die 17 bagatelle vir klavier. Dié werk word gekenmerk deur intellektuele diepte en innovering.

In sy boek On Late Style, 2006, onderskei Edward W. Said tussen die laat werk van komponiste soos Bach en Wagner aan die een kant en dié van Beethoven aan die ander. Anders as die mate van harmonie en verheldering wat daar intree in die musiek van eersgenoemde, is dit volgens Said nié die geval by Beethoven nie. Hy verwys eerder na aspekte soos “onversoenlikheid, swarigheid en onopgeloste teenstrydighede”. In dié opsig steun Said heelwat op die skryfwerk van die Duitse kunsfilosoof Theodor Ardorno wat daarop wys dat die laat werk van Beethoven byvoorbeeld nie die gedrewe en meedoënlose kwaliteit van werke uit sy middelperiode (soos die Simfonie no. 5) het nie. Daarvan is die laaste strykkwartette, en spesifiek die opening van die laaste strykkwartet, No 16, op. 135 in F, ? bewys: frases is onvolledig of word summier laat val en ? mens kry ? gevoel van “onverskilligheid”.

Luister hier na ? opname van die Orion String Quartet wat op 18 November 2012 in New York opgeneem is. Die klank in dié opname is besonder goed vir ? video-opname, en dit is die rede waarom dié video gekies is.

[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/ikJBmhGIHY4?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]

Beethoven het in 1822 na aanleiding van ? versoek van prins Nikolas Galitzen, ? amateur-tjellis en bewonderaar van sy musiek, dié strykkwartette begin skryf. Die Op. 135 is geskryf in die somer van 1826 en is die eerste keer uitgevoer ? jaar ná Beethoven se dood.

Wat ? mens in ag moet neem is dat Beethoven nie die Op. 135 as sy laaste werk gesien het nie. En die eerste drie bewegings het kwalik enige swaarmoedigheid in die oog. Daar is selfs ? skalkse kwaliteit in sekere passasies. Hoewel dit sy laaste voltooide werk is, bestaan daar ? skets vir ? kwintet in C weeraan hy in 1826 begin het.

Teen daardie tyd het Beethoven se doofheid notaboeke genoodsaak as manier om te kommunikeer. Nanette Streicher, dogter van die Augsburgse klaviermaker Johann Andreas Stein en saam met haar man, Johann Andreas Streicher, klaviermaker van formaat, het jare lank na Beethoven omgesien. Sy het onder meer in dié tyd ? geskikte kok gekry om hom te versorg.

Dis die einste kok wat moontlik ter sprake sou kom in die laaste beweging van die Op. 135. Bokant dié beweging het Beethoven geskryf: “Der schwer gefasste Entschluss” (die swaargenome besluit). En daaronder ? Grave-aanduiding vir altviool en tjello met die vraag: “Muss es sein?” (moet dit wees?), gevolg deur ? dubbel “Es muss sein!” (dit moet wees) wat die omgekeerde is van die “Muss es sein?”-motief.

Beethoven se onbetroubare sektretaris, Anton Schindler, het die storie die wêreld ingestuur dat dié vraag nie eksistensieel van aard bedoel is nie, maar dat Beethoven sit en wonder het: Moet die kok meer betaal word?

Ander, meer eksistensiële moontlikhede is: Moet ek sterf? Moet ek moeite doen om nog ? beweging te skryf? En dan is daar ook die moontlikheid dat Beethoven hier Hamlet se groot vraag eggo.

Nóg ? moontlikheid is dat Beethoven later die woorde bygevoeg het om die melodiese omkering te beklemtoon.

Hoe ook al, ? mens moet die woorde van die Amerikaanse Beethoven-kenner Lewis Lockwood in gedagte hou: “Vir Beethoven, soos vir die grootste woodkunstenaars, onder wie sy geliefde Shakespeare, is komedie nie ? mindere kunsvorm as tragedie nie, maar eerder die ware teenhanger, die viering van die menslike in alles.”

· Vir jou CD-versameling is daar ? hele rits opnames beskikbaar. Oorweeg byvoorbeeld enige van die Alban Berg Quartet, die Borodin Quartet of die Amadeus Quartet.

 

      

        

 

Send this to a friend