Kuns: Diego Rivera | Vrouekeur

Kuns: Diego Rivera

Toe Rivera in dié werk as opdrag ? portret van Lenin en ? Sowjet-Meidag-prosessie insluit, was die gort gaar

Johan Myburgh

Die Mexikaanse revolusie wat van 1910 tot 1920 geduur het, het benewens ? transformasie in die regering veral ? dramatiese uitwerking op dié land se kultuur en kunste gehad.

Die nasionale revolusionêre party wat aan bewind gekom het, het nie net die land in ? kommunistiese rigting gestuur nie, maar het as regerende party terselfdertyd ? bondgenoot van talle intellektuele en kunstenaars in Mexiko-Stad geword. Die jare ná die revolusie is gekenmerk deur armoede en dikwels opvlammende rebellie. Dit was eers teen 1940 dat die land politieke stabiliteit en ekonomiese onafhanklikheid bereik het.

Tussen 1920 en 1940 het die regering kunstenaars opdrag gegee om muurskilderye te maak vir openbare geboue. Die boodskap van dié skilderye was uiteraard van politieke aard, soos sosiale geregtigheid en nasionale strewe, met sterk Mexikaanse eerder as Europese temas (“Mexiko vir die Mexikane”).

In dié opsig is dié kunsproduksie, bekend as die Mexikaans-modernistiese skool of die Mexikaanse muurskilderybeweging, enig in sy soort. Dit was kuns wat nie bedoel was vir galerye nie, maar vir mense op straat; en dit was propaganda op ? skaal en in ? aanbieding met geen gelyke nie. Boonop het die openbare karakter van dié skilderye dit vir die Mexikaans bevolking toegankliker gemaak as enige ander kunswerke in galerye.

Kunstenaars het gaan delf in die Mexikaanse geskiedenis en vorendag gekom met uitbeeldings van die hartelose Spaanse conquistadores, die minagting van die inheemse bevolking en die lewe vóór die Spanjaarde voet aan wal gesit het.

In die 1930’s was dit veral Diego Rivera, David Alfaro Siqueiros, José Clemente Orozco en Fernando Leal wat ou fresko-tegnieke weer laat herleef het hoewel hulle nuwerwetse materiale gebruik het. Buite Mexiko het dié kunstenaars ook in die VSA die aandag getrek van kunskenners en -liefhebbers.

Een van Rivera se vroegste taferele is dié wat hy aangebring het in die binnehof van die ministerie van onderwys. Aan dié werk wat bestaan uit 124 fresko’s van ? reeks dansende “tehuanas” (lede van die Tehuantepec van die suide van Mexiko) het hy vier jaar gewerk.

Toe Nelson Rockefeller sy Rockefeller Center in 1933 in New York opgerig het, wou hy Matisse of Picasso kry om ? fresko te maak. Nie een van dié twee was in ? posisie om dit te doen nie en Rivera het die opdrag gekry. Toe Rivera in dié werk, met “Man at the Crossroads Looking with Hope and High Vision to the Choosing of a New and Better Future” as opdrag, ? portret van Lenin en ? Sowjet-Meidag-prosessie insluit, was die gort gaar.

Rockefeller wat aan sy reputasie gedink het, het Rivera gevra om Lenin uit die fresko te verwyder, maar dié het geweier. Hy het as kompromie wel aangedui dat hy die portret van Abraham Lincoln as teenhanger van dié van Lenin sal skilder. Rivera is betaal vir sy werk, maar die fresko het nietemin onvoltooid gebly. In 1934 is die fresko vernietig.

Kort voor die vernietiging van die werk is swart-wit foto’s daarvan geneem en later is dieselfde werk, onder die titel Man, Controller of the Universe in kleiner formaat in die Palacio de Bellas Artes in Mexiko-stad oorgeverf.

In die plek van Rivera het die Rockefeller Center die dienste bekom van Jose Masia Sert wat vir sy American Progress die portret van Lincoln as vertrekpunt gebruik het.

 

[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/IbwukvgiQ00″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]

Kyk na dié uittreksel uit Tim Robbins se fliek van 1999, Cradle Will Rock, waarin Ruben Blades die rol van Diego Rivera vertolk.

[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/YBqqfePOS3Q” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]

Kyk na ? kort biografiese prent oor Diego Rivera.

Send this to a friend