Kuns: Gerard Sekoto

Die werke van die Suid-Afrikaanse kunstenaar Gerard Sekoto (1913-1993). Johan Myburg skryf oor Sekoto se werke in meer detail in Vrouekeur, 21 November 2014.

Johan Myburg

’n Manuskrip van Sekoto wat van 1973 dateer is twee jaar gelede vir die eerste keer gepubliseer. Dié geïllustreerde boek vir kinders is in Engels sowel as Afrikaans uitgegee.
Die boek, Fielies en Pote, ’n verhaal oor twee stoute honde, het by Jacana verskyn.

Fielies en Pote boekomhulsel

Die manuskrip en tekeninge van die Engelse Shorty and Billy Boy, A Tale of Two Naughty Dogs is deel van ’n private versameling van Sekoto se kunswerke, briewe en ander memorabilia wat van Frankryk na Suid-Afrika teruggebring is. Sekoto het die grootste deel van sy volwasse lewe in Frankryk gewoon, waar hy ook oorlede is.

Sekoto het die verhaal geskryf en geïllustreer, waarskynlik as ’n persoonlike projek om kinderherinneringe vas te vang. Hy kon dit ook as ’n geskenk vir kinders van vriende beplan het.

Volgens Barbara Lindop, ’n trustee van die Sekoto-stigting, is besluit om die boek te verwerk en uit te gee omdat Sekoto sy lewe lank begaan was oor die toegang wat kinders tot kuns het.
Die stigting het veranderinge aan die oorspronklike teks van die boek goedgekeur om dit toegankliker vir eietydse lesers te maak en die Suid-Afrikaanse konteks van die verhaal te beklemtoon.

Meer van Sekoto se kunswerke

Sekoto se Yellow Houses
Yellow Houses, a Street in Sophiatown, 1940, olie op bord (50,8 x 74,5 cm), ’n werk van Gerard Sekoto wat te sien is in die versameling van die Johannesburg Kunsmuseum.

Sekoto se Song of the Picks
Song of the Pick, olie op bord (49 x 59,5 cm), ’n werk van Sekoto van om en by 1946, opgeneem in die HBP Billiton-versameling.

Sekoto boekomhulsel
Een van die boeke geskryf deur Barbara Lindop oor Gerard Sekoto. Dié boek is deesdae net antikwaries verkrygbaar.

Sekoto boekomhulsel
’n Biografie van Chabani Manganyi, ’n vriend van Sekoto. Dié boek het in 2004 by Wits University Press verskyn.

Koop dit hier
• Die boek van 32 bladsye, met volkleurillustrasies, kos R100. Vir nog inligting besoek die Jacana-webwerf

Send this to a friend