Kuns: Vladimir Tretchikoff

In Vrouekeur van 19 Augustus skryf Johan Myburg oor die werk van die Vladimir Tretchikoff, met spesifieke verwysing na Sunflowers wat onlangs in Johannesburg op ? veiling van Strauss & Kie. verkoop is. Die inligting hier onder is ter aanvulling tot die rubriek in Vrouekeur.

Johan Myburgh

 

 

Chinese Girl wat in 1950 geskilder is hou die rekord as die Tretchikoff wat die meeste op ? veiling behaal het – sowat R13,8 miljoen op ? veiling van Bonhams in Londen in 2013. Die skildery is gekoop deur die Britse sakeman Laurence Graff, voorsitter van Graff Diamonds International en eienaar van die Delaire Graff-landgoed buite Stellenbosch. Dié skildery word tans op die landgoed vertoon.

Die voorblad van Boris Gorelik se Incredible Tretchikoff, die boek wat in 2013 by Tafelberg verskyn het

Klik hier om te kyk na ? kort nuus-video wat gemaak is voor die veiling waarop vir sowat R13,8 miljoen verkoop is.

Send this to a friend