Kuns: Goya: The Portraits

In Vrouekeur van 18 Desember skryf Johan Myburg oor ’n uitstalling wat Londen en trouens die hele kunswêreld aan die praat het – Goya: The Portraits in die National Gallery in dié stad

JOHAN MYBURG

Die hertogin van Alba, die skildery wat Goya in 1797 geskilder het, en wat nou vir die eerste keer in Londen uitgestal word.

Van die sowat 150 portrette wat van Goya bestaan is bykans die helfte vir dié uitstalling byeengebring. Die inligting hier onder is aanvullend tot die rubriek in Vrouekeur.

Klik hier om die lokprent vir die uitstalling Goya: The Portraits te sien.

En in ’n kort video gee die Britse joernalis en kommentator Jeremy Paxman ’n inleiding tot die uitstalling Goya: The Portraits.

[iframe width=”350″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/m0gVhw4VUZA” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]

 
Een van die hoogtepunte in die uitstalling is die portret van die hertogin van Alba, 1797, met wie Goya konsuis ’n verhouding gehad het.

Nietemin was sy minstens ’n goeie vriend en ondersteuner van die skilder.

Goya verbeeld haar in ’n slanke swart tabberd en mantilla. Maar die opvallende is haar vinger wat grond toe wys waar in die sand geskryf staan: “Solo Goya” (net Goya).

Dié skildery is deel van die versameling van die Hispanic Society of America in New York. Dié vereniging is in 1904 deur Archer M. Huntington begin in ’n poging om die kuns, letterkunde en kultuur van Spanje, Portugal, Latyns-Amerika en die Filippyne in die VSA te bevorder.

Onder die kunsskatte wat dié vereniging het, is werk deur onder andere El Greco, Velázquez en Goya.

Kyk ook na ’n video waarin die kurator, Xavier Bray, oor die uitstalling praat.

[iframe width=”350″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/V7AqJ-zYDNM” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]

Send this to a friend