CNN het dit nie verniet een van die wêreld se top-10-uitstallings genoem nie, want The Art of the Brick, die bekende Lego-kunsuitstalling wat nog tot 26 Februarie by die Watershed in die V&A Waterfront in Kaapstad te sien is, is uitstaande.
Maryke Roberts
Daar is meer as 70 beelde uit Lego-blokkies deur die Amerikaanse kunstenaar, Nathan Sawaya. Een van die bekendstes hiervan is die werk “Yellow” waar ’n beeld van ’n man sy borskas oopskeur en blokkies uitval.
![Yellow at the Lego exhibition](/img/uploads/Vrouekeur/Nuus/2015/VK12-20(2).jpg)
![Lego exhibit - dinosaur](/img/uploads/Vrouekeur/Nuus/2015/VK11(2).jpg)
Ander indrukwekkende werke is onder meer die T-Rex-geraamte wat uit meer as 80 000 Lego-blokkies bestaan en meer as ses meter lank is. Jy kan ook van die wêreld se bekendste kunswerke in Lego-blokkies gadeslaan. Dink aan Da Vinci se “Mona Lisa”, Van Gogh se “Starry Night” en “The Scream” deur Edvard Munch. Daar is ’n teetuintjie, klein Lego-treintjie en speelplek vir die kinders.
Wanneer kan ek dit besoek?
Kaapstad tot 26 Februarie in die V&A
Johannesburg 13 Mei – 12 Augustus in die Argiewe-gebou in Rosebank, Johannesburg
![Lego hand](/img/uploads/Vrouekeur/Nuus/2015/VK1.jpg)
![Lego - SA](/img/uploads/Vrouekeur/Nuus/2015/VK8.jpg)
![Lego mans](/img/uploads/Vrouekeur/Nuus/2015/VK9(1).jpg)
Meer inligting
Kaartjies R140 vir volwassenes en R95 vir kinders (deur Computicket). Kinders jonger as twee jaar gaan gratis in.
Besoek www.theartofthebricksa.co.za
Facebook www.facebook.com/theartofthebricksa
Twitter @BrickmanZA.
SOURCES
Clifford Roberts
![Avatar](https://www.vrouekeur.co.za/wp-content/uploads/2019/09/favVk-1-150x150.png)