Klassieke klanke: Kristian Bezuidenhout

In Vrouekeur van 18 Maart skryf Johan Myburg oor die Suid-Afrikaans gebore fortepianis Kristian Bezuidenhout. Die inligting hier onder is aanvullend tot die rubriek in Vrouekeur.

JOHAN MYBURG

Oorweeg dié opname

In die Volume 7-opname vir Harmonia Mundi speel Kristian Bezuidenhout die volgende werke van Mozart: Sonate no. 6 in D, K284 (“Dürnitz”), Sonate no. 8 in a, K310, Ses variasies K180 (“Mio caro Adone”) en die Nege variasies in C op ‘n tema van Nicolas Dezede, “Lison dormait”, K264.

Van dié CD, Mozart: Keyboard Music Volume 7, het Gramophone in Februarie 2015 geskryf: “…’n mens kan jouself kwalik keer om nie oor en oor na dié uitvoerings te luiste nie omdat dit so ver in die musiek in dring en dit wat jy gedink het jy weet op die kop keer…”

Kyk na Kristian Bezuidenhout se inleiding tot die fortepiano.

[iframe width=”400″ height=”300″ src=”https://www.youtube.com/embed/6UQM1YGDe5w?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]

Kyk hier na ‘n opname van Mozart se Klavierkonsert no. 22 in E-mol, K482.
Die solis en dirigent is Kristian Bezuidenhout saam met die Freiburg-Barokorkes.
[iframe width=”400″ height=”225″ src=”https://www.youtube.com/embed/5aeLhUEfejg?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]

Send this to a friend